Afrikaans Bible

PSALMS 147

PSALMS

Return to Index

Chapter 148

1

 

 Halleluja! Loof die HERE uit die hemele; loof Hom in die hoogtes! 

 

 


2

 

 Loof Hom, al sy engele, loof Hom, al sy leërskare! 

 

 


3

 

 Loof Hom, son en maan, loof Hom, alle ligtende sterre! 

 

 


4

 

 Loof Hom, hoogste hemele en waters wat bo die hemele is! 

 

 


5

 

 Laat hulle die Naam van die HERE loof; want Hy het bevel gegee -- en hulle is geskape. 

 

 


6

 

 En Hy het hulle in stand gehou vir altyd, vir ewig; Hy het 'n wet gegee wat geeneen oortree nie. 

 

 


7

 

 Loof die HERE van die aarde af -- groot seediere en alle dieptes! 

 

 


8

 

 Vuur en hael, sneeu en damp, stormwind wat sy woord volbring; 

 

 


9

 

 berge en alle heuwels, vrugtebome en alle sederbome, 

 

 


10

 

 wilde diere en alle vee, kruipende diere en gevleuelde voëls; 

 

 


11

 

 konings van die aarde en alle volke, vorste en alle regters van die aarde; 

 

 


12

 

 jongelinge en ook jongedogters, oues saam met die jonges -- 

 

 


13

 

 laat hulle die Naam van die HERE loof! Want sy Naam alleen is hoog; sy majesteit is oor aarde en hemel! 

 

 


14

 

 En Hy het 'n horing vir sy volk verhef: 'n roem vir al sy gunsgenote; vir die kinders van Israel, die volk wat naby Hom is. Halleluja! 

 

 


PSALMS 149

 

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: