Afrikaans Bible

PSALMS 136

PSALMS

Return to Index

Chapter 137

1

 

 By die riviere van Babel, daar het ons gesit, ook geween as ons aan Sion dink. 

 

 


2

 

 Aan die wilgerbome wat daarin is, het ons ons siters opgehang. 

 

 


3

 

 Want daar het hulle wat ons as gevangenes weggevoer het, van ons die woorde van 'n lied gevra en hulle wat ons verdruk het, vreugde, deur te sê: Sing vir ons 'n Sionslied. 

 

 


4

 

 Hoe sou ons die lied van die HERE kan sing in 'n vreemde land? 

 

 


5

 

 As ek jou vergeet, o Jerusalem, laat my regterhand dan homself vergeet! 

 

 


6

 

 Laat my tong kleef aan my verhemelte as ek aan jou nie dink nie, as ek Jerusalem nie verhef bo my hoogste vreugde nie. 

 

 


7

 

 HERE, bring in herinnering vir die kinders van Edom die dag van Jerusalem, hulle wat gesê het: Breek weg, breek weg, tot op die grond met hom! 

 

 


8

 

 o Dogter van Babel, jy verwoeste, gelukkig is hy wat jou sal vergeld wat jy ons aangedoen het! 

 

 


9

 

 Gelukkig is hy wat jou kinders gryp en verpletter teen die rots! 

 

 


PSALMS 138

 

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: