Afrikaans Bible

PSALMS 110

PSALMS

Return to Index

Chapter 111

1

 

 Halleluja! Alef. Ek wil die HERE loof van ganser harte; Bet. in die kring van die opregtes en in die vergadering. 

 

 


2

 

 Gimel. Die werke van die HERE is groot; Dalet. nagespeur word hulle deur almal wat daar 'n welbehae in het. 

 

 


3

 

 He. Sy dade is majesteit en heerlikheid; Wau. en sy geregtigheid bestaan tot in ewigheid. 

 

 


4

 

 Sajin. Hy het vir sy wonders 'n gedagtenis gestig; Get. die HERE is genadig en barmhartig. 

 

 


5

 

 Tet. Aan die wat Hom vrees, het Hy spys gegee; Jod. Hy dink vir ewig aan sy verbond. 

 

 


6

 

 Kaf. Hy het die krag van sy werke aan sy volk bekend gemaak, Lamed. deur hulle die erfdeel van die heidene te gee. 

 

 


7

 

 Mem. Die werke van sy hande is trou en reg; Noen. al sy bevele is betroubaar. 

 

 


8

 

 Samek. Vasgestel is hulle vir altyd, vir ewig; Ajin. uitgevoer in trou en opregtheid. 

 

 


9

 

 Pe. Hy het aan sy volk verlossing gestuur; Sade. Hy het sy verbond vir ewig ingestel; Kof. sy Naam is heilig en vreeslik. 

 

 


10

 

 Resj. Die vrees van die HERE is die beginsel van die wysheid; Sin. almal wat dit beoefen, het 'n goeie verstand. Tau. Sy lof bestaan tot in ewigheid. 

 

 


PSALMS 112

 

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: