Afrikaans Bible

PSALMS 109

PSALMS

Return to Index

Chapter 110

1

 

 Van Dawid. 'n Psalm. Die HERE het tot my Here gespreek: Sit aan my regterhand, totdat Ek u vyande maak 'n voetbank vir u voete. 

 

 


2

 

 U magtige septer sal die HERE uitstrek uit Sion en sê: Heers te midde van u vyande. 

 

 


3

 

 U volk sal baie gewillig wees op die dag van u krygsmag; in heilige feesgewade, uit die moederskoot van die dageraad sal vir U wees die dou van u jong manskappe. 

 

 


4

 

 Die HERE het gesweer, en dit sal Hom nie berou nie: U is priester vir ewig volgens die orde van Melgis‚dek. 

 

 


5

 

 Die Here aan u regterhand verbrysel konings op die dag van sy toorn. 

 

 


6

 

 Hy sal 'n strafgerig hou onder die nasies; Hy maak dit vol dooie liggame; Hy verbrysel 'n hoof oor 'n groot land. 

 

 


7

 

 Uit die stroom sal Hy drink op die pad; daarom sal Hy die hoof ophef. 

 

 


PSALMS 111

 

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: