Afrikaans Bible

PSALMS 100

PSALMS

Return to Index

Chapter 101

1

 

 Van Dawid. 'n Psalm. Ek wil sing van goedertierenheid en reg; tot u eer wil ek psalmsing, o HERE! 

 

 


2

 

 Ek wil ag gee op regskape wandel -- wanneer sal U na my kom? Ek wandel in die opregtheid van my hart, binne-in my huis. 

 

 


3

 

 Ek stel geen lae ding voor my oë nie; die dade van afvalliges haat ek; die sal my nie aankleef nie. 

 

 


4

 

 'n Verkeerde hart moet ver van my af bly; wat kwaad is, wil ek nie ken nie. 

 

 


5

 

 Hy wat heimlik van sy naaste kwaad spreek, hom sal ek vernietig; hy wat hoog van oë is en trots van hart, hom verdra ek nie. 

 

 


6

 

 My oë sal wees op die getroues in die land, dat hulle by my kan woon; hy wat wandel in die weg van opregtheid, die mag my dien. 

 

 


7

 

 Hy wat bedrog pleeg, mag binne-in my huis nie bly nie; wie leuens praat, kan voor my oë nie bestaan nie. 

 

 


8

 

 Elke môre sal ek al die goddelose van die land vernietig, om al die werkers van ongeregtigheid uit die stad van die HERE uit te roei. 

 

 


PSALMS 102

 

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: