Afrikaans Bible

PSALMS 94

PSALMS

Return to Index

Chapter 95

1

 

 Kom, laat ons jubel tot eer van die HERE, laat ons juig ter ere van die rots van ons heil! 

 

 


2

 

 Laat ons sy aangesig tegemoetgaan met lof, met lofsange Hom toejuig! 

 

 


3

 

 Want die HERE is 'n grote God, ja, 'n groot Koning bo al die gode. 

 

 


4

 

 In wie se hand die diepste plekke van die aarde is, en die toppe van die berge is syne. 

 

 


5

 

 Aan wie die see behoort wat Hy self gemaak het, en die droë land wat sy hande geformeer het. 

 

 


6

 

 Kom, laat ons aanbid en neerbuk; laat ons kniel voor die HERE wat ons gemaak het. 

 

 


7

 

 Want Hy is onse God, en ons is die volk van sy weide en die skape van sy hand. Ag, as julle vandag maar na sy stem wou luister! 

 

 


8

 

 Verhard julle hart nie soos by M‚riba, soos op die dag van Massa in die woestyn nie; 

 

 


9

 

 waar julle vaders My versoek het, My beproef het, alhoewel hulle my werk gesien het. 

 

 


10

 

 Veertig jaar het Ek 'n afkeer gehad van hierdie geslag en gesê: Hulle is 'n volk met 'n dwalende hart, en hulle ken my weë nie; 

 

 


11

 

 sodat Ek in my toorn gesweer het: Waarlik, hulle sal in my rus nie ingaan nie! 

 

 


PSALMS 96

 

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: