Afrikaans Bible

PSALMS 78

PSALMS

Return to Index

Chapter 79

1

 

 'n Psalm van Asaf. o God, heidene het gekom in u erfdeel, hulle het u heilige tempel verontreinig, Jerusalem tot puinhope gemaak. 

 

 


2

 

 Hulle het die lyke van u knegte aan die voëls van die hemel tot spys gegee, die vlees van u gunsgenote aan die wilde diere van die land. 

 

 


3

 

 Hulle het hulle bloed rondom Jerusalem soos water uitgegiet sonder dat iemand hulle begrawe. 

 

 


4

 

 Ons het vir ons bure 'n smaad geword, 'n spot en beskimping vir die wat rondom ons is. 

 

 


5

 

 Hoe lank, HERE, sal U vir ewig toornig wees, sal u ywer brand soos 'n vuur? 

 

 


6

 

 Stort u grimmigheid uit oor die heidene wat U nie ken nie, en oor die koninkryke wat u Naam nie aanroep nie. 

 

 


7

 

 Want hulle het Jakob verteer en sy woning verwoes. 

 

 


8

 

 Reken ons die ongeregtighede van die voorvaders nie toe nie; laat u barmhartighede ons gou tegemoetkom, want ons is baie swak. 

 

 


9

 

 Help ons, o God van ons heil, om die eer van u Naam, en red ons en doen versoening oor ons sondes ter wille van u Naam. 

 

 


10

 

 Waarom sou die heidene sê: Waar is hulle God? Laat voor ons oë onder die heidene bekend word die wraak oor die vergote bloed van u knegte. 

 

 


11

 

 Laat die gesug van die gevangene voor u aangesig kom; laat die kinders van die dood oorbly na die grootheid van u arm. 

 

 


12

 

 En vergeld ons bure sewevoudig in hulle skoot die smaad waarmee hulle U, o Here, gesmaad het. 

 

 


13

 

 En ons, u volk en die skape van u weide, ons sal U vir ewig loof, van geslag tot geslag sal ons u lof vertel. 

 

 


PSALMS 80

 

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: