Afrikaans Bible

PSALMS 60

PSALMS

Return to Index

Chapter 61

1

 

 Vir die musiekleier; met snaarinstrumente. 'n Psalm van Dawid. 

 

 


2

 

 o God, hoor my smeking, luister na my gebed! 

 

 


3

 

 Van die einde van die aarde af roep ek U aan as my hart beswyk; lei my op 'n rots wat vir my te hoog is. 

 

 


4

 

 Want U het 'n toevlug vir my geword, 'n sterk toring teen die vyand. 

 

 


5

 

 Ek wil in u tent vertoef vir ewig, in die skuilplek van u vleuels my verberg. Sela. 

 

 


6

 

 Want U, o God, het my geloftes gehoor; U het die besitting gegee van die wat u Naam vrees. 

 

 


7

 

 Mag U dae by die koning se dae byvoeg; mag sy jare wees soos van geslag tot geslag. 

 

 


8

 

 Mag hy vir ewig voor die aangesig van God op die troon sit; beskik goedertierenheid en trou, dat die hom bewaar. [ (Psalms 61:9) So wil ek psalmsing tot eer van u Naam tot in ewigheid, om my geloftes te betaal, dag n  dag. ] 

 

 


PSALMS 62

 

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: