Afrikaans Bible

PSALMS 56

PSALMS

Return to Index

Chapter 57

1

 

 Vir die musiekleier; op die wysie van: "Moenie verwoes nie." Van Dawid. 'n Gedig, toe hy vir Saul in die spelonk gevlug het. 

 

 


2

 

 Wees my genadig, o God, wees my genadig, want by U het my siel geskuil, en in die skaduwee van u vleuels sal ek skuil totdat die onheil verbygegaan het. 

 

 


3

 

 Ek roep God, die Allerhoogste, aan, God wat dit vir my voleindig. 

 

 


4

 

 Hy sal uit die hemel stuur en my verlos terwyl hy wat my vertrap, my smaadheid aandoen. Sela. God sal sy goedertierenheid en sy trou stuur. 

 

 


5

 

 k moet onder leeus lê, wraakgieriges, mensekinders wie se tande spiese en pyle is, en wie se tong 'n skerp swaard is. 

 

 


6

 

 Verhef U bo die hemele, o God, u heerlikheid bo die hele aarde! 

 

 


7

 

 Hulle het 'n net gespan vir my voetstappe, hulle het my siel neergebuig; hulle het 'n kuil voor my gegrawe, hulle val daar binne-in. Sela. 

 

 


8

 

 My hart is gerus, o God, my hart is gerus; ek wil sing en psalmsing. 

 

 


9

 

 Waak op, my eer! Waak op, harp en siter! Ek wil die dageraad wakker maak! 

 

 


10

 

 Ek wil U loof onder die volke, o Here, psalmsing tot u eer onder die nasies. 

 

 


11

 

 Want u goedertierenheid is groot tot by die hemele en u trou tot by die wolke. [ (Psalms 57:12) Verhef U bo die hemele, o God, u heerlikheid bo die hele aarde! ] 

 

 


PSALMS 58

 

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: