Afrikaans Bible

PSALMS 50

PSALMS

Return to Index

Chapter 51

1

 

 Vir die musiekleier. 'n Psalm van Dawid, 

 

 


2

 

 toe die profeet Natan na hom gekom het, nadat hy by B tseba ingegaan het. 

 

 


3

 

   

 

 


4

 

 Was my heeltemal van my ongeregtigheid en reinig my van my sonde. 

 

 


5

 

 Want ‚k ken my oortredinge, en my sonde is altyddeur voor my. 

 

 


6

 

 Teen U alleen het ek gesondig en gedoen wat verkeerd is in u oë, sodat U regverdig kan wees as U spreek, rein as U gerig hou. 

 

 


7

 

 Kyk, in ongeregtigheid is ek gebore, en in sonde het my moeder my ontvang. 

 

 


8

 

 Kyk, U het 'n welgevalle aan waarheid in die binneste, en in die verborgene maak U aan my wysheid bekend. 

 

 


9

 

 Ontsondig my met hisop, dat ek kan rein wees; was my, dat ek witter kan wees as sneeu. 

 

 


10

 

 Laat my vreugde en blydskap hoor; laat die gebeente juig wat U verbrysel het. 

 

 


11

 

 Verberg u aangesig vir my sondes en delg uit al my ongeregtighede. 

 

 


12

 

 Skep vir my 'n rein hart, o God, en gee opnuut in die binneste van my 'n vaste gees. 

 

 


13

 

 Verwerp my nie van u aangesig nie en neem u Heilige Gees nie van my weg nie. 

 

 


14

 

 Gee my weer die vreugde van u heil, en ondersteun my deur 'n gewillige gees. 

 

 


15

 

 Ek wil die oortreders u weë leer, dat die sondaars hulle tot U kan bekeer. 

 

 


16

 

 Red my van bloedskuld, o God, God van my heil! Laat my tong u geregtigheid uitjubel. 

 

 


17

 

 Here, open my lippe, dat my mond u lof kan verkondig. 

 

 


18

 

 Want U het geen lus in slagoffer nie, anders sou ek dit gee; in brandoffer het U geen behae nie. 

 

 


19

 

 Die offers van God is 'n gebroke gees; 'n gebroke en verslae hart sal U, o God, nie verag nie! [ (Psalms 51:20) Doen goed aan Sion na u welbehae; bou die mure van Jerusalem op. ] [ (Psalms 51:21) Dan sal U 'n welbehae hê in die offers van geregtigheid, in brandoffer en voloffer; dan sal hulle stiere offer op u altaar. ] 

 

 


PSALMS 52

 

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: