Afrikaans Bible

PSALMS 46

PSALMS

Return to Index

Chapter 47

1

 

 Vir die musiekleier. Van die kinders van Korag. 'n Psalm. 

 

 


2

 

 Alle volke, klap met die hande; juig tot eer van God met 'n stem van gejubel! 

 

 


3

 

 Want die HERE, die Allerhoogste, is gedug, 'n groot Koning oor die hele aarde. 

 

 


4

 

 Hy bring volke onder ons en nasies onder ons voete. 

 

 


5

 

 Hy kies ons erfdeel vir ons uit, die trots van Jakob wat Hy liefhet. Sela. 

 

 


6

 

 God vaar op met gejuig, die HERE met basuingeklank. 

 

 


7

 

 Psalmsing tot eer van God, psalmsing! Psalmsing tot eer van ons Koning, psalmsing! 

 

 


8

 

 Want God is Koning van die hele aarde; psalmsing met 'n onderwysing. 

 

 


9

 

 God regeer oor die nasies; God sit op sy heilige troon. [ (Psalms 47:10) Die edeles van die volke het vergader -- 'n volk van die God van Abraham; want aan God behoort die skilde van die aarde. Hoog verhewe is Hy! ] 

 

 


PSALMS 48

 

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: